top of page
Search

Afrikaans is 'n moelike taal

  • frederiksteenkamp5
  • Aug 22, 2022
  • 2 min read

Updated: Aug 24, 2022


ree

Goeie middag aan my mede muishonde. Hoe hang hulle vandag? So julle het dit seker nie geweet nie, maar oom Muishond se broer bly daar in Australie. Gister praat ek met die man en hy sê toe dat sy pop baie keer vir hom kwaad raak omdat hy Afrikaans praat met sy vriende of na Afrikaanse musiek luister, en ek se toe vir hom dat hy haar Afrikaans moet leer.


Hy sê toe vir my nee, dis ‘n baie moeilike taal om te leer. Ek dog toe by myself, is jy dan laf in jou hart. Afrikaans is die jongste taal in die wêreld, en ons voorvaders was baie lui. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is mal oor Afrikaans, ek studeer tot in Afrikaans. Dit is ‘n taal met soveel emosie. Alles klink net beter in Afrikaans. Dit is ‘n baie maklike taal, ek bedoel Snotkop kan daarin sing.


Maar ons het regtig ‘n maklike taal, ons het drie tye of “tenses” as jy wil. Dis gister, nou en môre. Ek het gedrink, ek drink en ek gaan tienteeneen drink. Dit is regtig ‘n baie maklike taal. En toe hoe meer ek daaraan dink, hoe meer besef ek dat ons regtig baie woorde gebruik wat dieselfde klink, maar wat verskillende betekenisse het. Dink net gou daaraan. ‘n Engelse persoon kom na jou toe en vra wat is ‘n “door” in Afrikaans. Dis ‘n deur. “And if you want to go through the door?” Jy gaan deur die deur. Toe dink ek bietjie verder. In Engels, “appreciate”. Afrikaans, waardeer. In Engels, “through which”. Afrikaans, waardeur. “Expensive”, duur. “Animal”, dier. Dit het my laat besef dat Afrikaans eintlik ‘n baie moeilik taal is om te leer.


Dink net gou by jouself. In Engels klink ‘n sin fantanties as jy sê, “Excuse me sir, I would really appreciate it if you could tell me how much that expensive door that the animal is going through is valued at.” In Afrikaans is dit ‘n hele nuwe storie wat jy vertel. Meneer ek sal dit baie waardeer as jy vir my kan sê vir hoeveel daardie duur deur waardeur daardie dier gaan gewaardeer word.


So ek gaan moet saamstem met my broer. Afrikaans is seker maar ‘n moeilike taal om aan te leer. Muishonde as daar enige van julle is wat met my gaan stry, gooi ‘n comment en kom ons kyk of julle my en my broer kan oortuig dat dit ‘n maklike taal is om aan te leer.


Groete

Oom Muishond

 
 
 

1 Comment


Stephan Horn
Stephan Horn
Aug 25, 2022

Maak nogals n goeie punt...wel gedaan

Like
bottom of page