
Goeie middag aan my mede muishonde. Hoe hang hulle vandag? So ek weet nie of julle die nuus dop hou nie, maar daar is ‘n nuwe ooginfeksie in die lug. Dit is baie erg, ek kan nie eers meer die geld in my beursie sien nie.
Muishonde weet julle hoe duur die wêreld geword het. Ek bedoel dit is al R190 vir ‘n bottle brandewyn. ‘n Kas bier is al amper R500. ‘n Lekker zane is oor die R40, dis belaglik sê ek vir julle. EK moes my alkohol inname verminder het na net een bottle brandewyn ‘n aand.
Maar muishonde ek het ‘n “trick” gekry om steeds te kuier en ‘n muishond te wees, sonder om te veel te spandeer.
Nou baie van julle gaan nie saamstem met wat ek te sê het nie, en goed kwyt raak soos, “Nee oom Muishond, jy moet minder drink. Spaar eerder jou geld.” Muishonde daai is die verkeerde mentaliteit. Jy kan nie sulke negatiewe goed sê en dink jy is ‘n goeie muishond nie, nee man, SIES! Luister na wat ek te sê het, oom Muishond weet.
As jy kuier, of dit nou ‘n braai is of jou skoonma se begrafnis is, maak nie saak nie, bly weg van die kos af. Dit suig daai drank op soos ‘n baba wat vir die eerste keer geborsvoed word. As jy moet eet, dan eet jy ‘n “jelly baby” wat in drank gelê het. Jy koop nie enige kos nie, want dis mors van geld
Inplaas daarvan om twee bottels te koop met vier bottels “coke”, koop een bottel SONDER “coke” en dan vang jy daai outjie maar skoon. Jy gaan jou gesiggie trek, dis “fine” solank daai goed net afkom. Na die derde slukkie is jy op so lekker “vibe” jy gooi die glas weg en vang hom sommer uit die bottel.
Die derde stap is die moeilike een. As mens dronk word, dan verloor jy mos jou seinigheid. Jy deel drank links en regs uit, jy gooi sommer ‘n dop vir die waarvan jy nie eers hou. Muishonde daai gaan nie werk as jy op ‘n “tight budget” leef. Jou bottel is JOU bottel en jy hou dit so.
Die laaste stap is die lekkerste. Ons almal het daai een vriend wat mos altyd “brag” hoe ryk hulle is. As hy daar aankom, dan sê jy vir hom jy het nie drank nie jy sal die vleis gee as jy van sy drank kan drink. Dan wanneer hy op sy stasie is, gaan haal jy jou drank en dit is jou drank. Hy gaan nie eers omgee dat jy niks vleis het nie, al waaroor hy gaan omgee is die feit dat jy nie jou drank wil deel nie, en dan gaan hy ry of “gaan slaap”. Die volgende dag het hy in elk geval vergeet van die hele situasie.
Muishonde ons lewe in moeilike tye, so moenie skuldig voel as jy nie jou drank wil deel nie. Al probleem is wanneer daai kamstige vriend nie sy drank met jou wil deel nie, maar dit is “anyway” nie ‘n goeie vriend nie, skryf hom sommer af. Ek hoop hierdie “tips” sal jou bietjie help in die toekoms as die finansies bietjie stout is.
Groete
Oom Muishond
Commentaires