top of page

Dronk man is 'n vreemde man

frederiksteenkamp5

Updated: Aug 24, 2022



Goeie middag aan my mede muishonde. Hoe hang hulle vandag? So muishonde het julle al agtergekom hoe vreemd ‘n dronk man eintlik is? Dink net gou vinnig by jouself nê. As jy bietjie laat by ‘n kuier aankom, die drank het al mooi geloop, almal is warm en jy stap nugter daar in. Dan kom jy agter hoe drank ‘n mens tog verander.


Ek het die naweek bietjie daar by een van ons mede muishonde gaan kuier, maar ek was laat omdat die vrou nou weer haarself probeer laat mooi lyk het. Maar ek stap by die huis in, sit drank neer, gooi vir my ‘n stewige en toe ek uitstap sien ek net ‘n klomp gate orals in die erf. Ek vra nog so vir my vriend, “Hel ou, is die honde stout of wat gaan aan?” Toe kap die man hom met sy dronk lyf, “Nee, my vrou verwag ‘n tweeling.” Ek bedoel geen man op ‘n nigter maag sal sulke goed kan sê nie.


“Imagine” net jy sê vir jou vrou sy is ‘n hond. Sy sal jou mos net daar klap asof jy ‘n vlieg is. Ek dog ek bly toe maar net stil maar toe begin ek dink. Drank is die enigste tipe vloeistof wat ‘n mens so affekteer, dat jy die waarheid vir enige persoon kan vertel. Later daai aand toe is dit tyd dat ons moet ry, voor ek ook geklap word, en muishond Japie vertel ons van hoe hy verder gaan drink. Baie jaloers op die man, maar ek sê toe maar net geniet hom.


Nou muishonde soos julle weet, MOET ‘n dronk man “chat”. Jy sal altyd in die kuier sien hoe dronker die manne word, hoe meer chat hulle. En as hulle nie iemand kry om mee te “chat” nie, dan BEL HULLE IEMAND. Vier uur daai volgende oggend bel die man my wakker, maar ek los dit toe, want ek wil slaap. Nee nee, hulle bel wraggies wee ren weer, want hy wil mos “chat”. Probleem is, toe word die vrou wakker. “Wie is dit? Wie bel jou?” Ek sê vir haar, “Man slaap verder, Japie is nog dronk, ek gaan nie antwoord nie.” En toe kom daai sinnetjie deur waarvan ek niks hou nie, “Antwoord hom, net nou lê hy iewers in ‘n sloot.”


HOEKOM MOET IEMAND ALTYD IN ‘N SLOOT LÊ, VOOR HULLE MOEILIKHEID HET. Ek bedoel as julle in ‘n kar ry en jy sien iemand lê in die veld, gaan jy vir die manne sê, “Nee wag gou muishonde, kom ons gooi daai man in die sloot. Dan sal iemand hom kom help.” So asof ‘n sloot nou ‘n groot verskil gaan maak aan sy redder.


Muishonde die punt wat ek agter hierdie storie wil maak is, as een van jou vriende sê hulle gaan verder drink, bly eerder agter en drink saam, of sit jou foon af as jy by die huis kom. Daai man sal jou wakker bel en jou vrou gaan maak dat jy na om toe ry of met hom moet praat terwyl hy drink. Nee, dit sal nie deug. Wees veilig, sit af jou foon, of los jou vrou en drink saam die man.


Groete

Oom Muishond

71 views1 comment

Recent Posts

See All

1 Comment


Stephan Horn
Stephan Horn
Aug 25, 2022

As dit ni n sloot is nie dans dit die enkel was cheers of die volume control en wil konstant handstands doen.

Like
bottom of page