top of page

Hoe om 'n vroulike muishond te hou

frederiksteenkamp5

Updated: Aug 24, 2022



Goeie middag aan my mede muishonde, hoe hang hulle vandag? Oom Muishond het vir julle verduidelik hoe om ‘n muishond-wyfie te kry, maar die probleem is om haar te hou. Hierdie vrouens van vandag dink ek is die hoofrede hoekom ons muishonde drink. Hier is drie dood-belangrike lesse, lees dit, leer dit, memoriseer dit, want iewers gaan jy die nodig kry:

Soos wat ons almal weet, is vrouens besonders goed in baie dinge, soos kosmaak, maar een ding waarin hulle nou nie die beste is nie, is kar ry.


Baie keer dink ek dat Stevie Wonder my vrou geleer bestuur het, want genade. Sy sal die kar voor ons amper stamp, rakelings mis met die dikte van ‘n piesangskil en dit dan sommer op daai bestuurder blameer, want hulle is mos nooit verkeerd nie. Nou muishonde moet dit asseblief net nooit vir jou vrou sê nie. Sê altyd vir haar sy ry baie mooi, niemand ry so mooi soos sy nie, anders het jy weer jare se moeilikheid. Dit is die eerste en belangrikste stap om haar te behou. Eendag as sy kosmaak of iets, stap na haar toe en sê net vir haar, “My vrou, jy KAN bestuur. Jy is ‘n yster.”


Nou vir nommer twee, vrouens is behep met hulle gewig. Niemand weet hoekom nie. Sy kan so maer wees soos ‘n aar in ‘n sywurm wat anoreksies is, en steeds gaan sy vra,”is ek vet?”. Nou die probleem hier is, vrouens kom altyd na ons mans toe en vra, “Is ek vet?” Muishonde dit is ‘n ding wat ek nou al bemeester het. As sy so nader gestap kom en daai vragie vra, is die beste antwoord om daai vraag terug te antwoord met nog ‘n vraag. As sy vra “Is ek vet?”, dan gooi jy haar met “Voel jy vet?” Muishonde hoor wat ek vir julle sê, jy gooi haar heeltemal van haar “game” af. Maak nie saak watse antwoord sy vir jou gee nie, stem net saam. As sy sê sy voel vet, stem saam. Sy gaan kwaad wees ja, maar sy het na jou toe gekom met die doel om bietjie moeilikheid te maak, so jy kan dit net sowel maar vir haar gee.


Die laaste ding wat vrouens altyd wil weet: “is ek mooi?” nou my mede muishonde, hierdie is die laaste en belangrikste les wat elke muishond moet weet. Sy is altyd pragtig, beeldskoon. Al staan sy die oggend op en haar hare staan soos Daisy de Melker, die asem stink soos ‘n vrot donkie-bol en die gesig is nog nie reggetrek nie, dan sê jy met die ernstige gesig van ‘n Stormers ondersteuner. “My skat, jy is pragtig net soos jy is”.

Ek hoop hierdie lesse is gememoriseer, want die vet weet, vrouens is ‘n ander spesie wat ons muishonde moeilik verstaan. Sterkte en staan sterk.


Groete

Oom Muishond


45 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page