Die blare-vreters van 'n kuier
- frederiksteenkamp5
- Jul 15, 2022
- 2 min read
Updated: Aug 24, 2022

Goeie middag aan my mede-muishonde. Hoe hang hulle vandag? So ek wil net begin om te sê wat is die storie met die Bokke, ek bedoel dit is Wallis ouens nee man. Maar daar is tog ‘n bietjie goed in die verloor van die bokke. Daai “goed”, is die feit dat hulle vir ons muishonde die geleentheid gegee het om te drink.
Nou Saterdag was daar so klein kuiertjie onder die muishonde gehou, en kom ek sê net so. Wat is die probleem met die blare-vreters. Ek verstaan ons maak die diere dood en alles maar dis vir ‘n goeie doel. Daai lekker stukkie vleis wat ons eet is nie net vleis nie, dis nie net geluk nie maar daai stukkie vleis is wat ons eet, is WARE LIEFDE.
As ek vir my baba muishond eendag vleis gegeurde melk kan gee, is dit al wat daai kind sal drink. En dan natuurlik sy bietjie brandewyn in sy melk net voor hy gaan slaap, sodat hy my nie kan wakker hou terwyl die muishonde kuier nie.
Maar nietemin, die blare-vreters. Kyk, as ek kuier dan glo ek nie in skottelgoed vuilmaak nie, so AS die tyd kom wanneer ons moet eet, dan eet ek sommer uit die braaibak uit. Die probleem is, jy kry altyd daai een persoon wat dink hulle is snaaks wat vir jou kom vra, “En, hoe proe die dood?”. Nou sien, die beste antwoord wat jy kan gee vir daai tipe vraag is deur om te sê, ”Met hierdie sousie proe hy noggal lekker hoor.”
‘n Man wat nie vleis eet nie is amper so erg soos om in ‘n verhouding met jou sussie te wees. Dit is skokkend man, SIES! Moenie vir my kom staan en sê ek is moordenaar omdat jy gras eet vir ‘n lewe nie. Ek waardeer jou vreeslik baie, dis julle mense wat die bossies uit my “paving” hou. Maar soos die bekende gesegde gaan “Jy is wat jy eet”. Nou maak my reg as ek verkeerd is maar diere eet gras so ek is inderdaad 'n blare-vreter net soos jy.
En in dieselfde aand het daai blare-vreter se vriendin na my toe gekom en gevra kan ek haar “veggie steak” vir haar braai. Ek bedoel, is jy laf in jou hart. Jy vra nie vir my om daai Satan vleis te braai op my braaier nie, jy kan dit vergeet. Wat is die doel van ‘n “chop en dop” as jy daar aankom met jou gestoomde parkie gras gemors. Nee man ek kry sommer ‘n knop in my keel net om weer daaraan te dink.
Maar my mede-muishonde, ek wil vandag vir julle sê, as daar ooit by enige van jou ‘n kuiers blare-vreter opdaag, begin te drink. Luister na oom Muishond, want dis al manier hoe jy met so tipe mens kan praat. WANNEER JY OP ‘N MUISHOND VIBE IS.
As jy al enige van hierdie ervaringe gehad, los ‘n comment en vertel vir oom Muishond deur watse hel jy was met hierdie blare-vreters.
Groete
Oom Muishond




Oe e e... Die trauma deur net hier te lees van jou ordeal is erg Ek Gaan Vir nagte wakker lê daaroor.
Nee man moenie so wees nie ek 'n slaaitjie so nou en dan😂
Vegans😂😂
😂🤣
Sjoe Oom Muishond. Dit laat my nou terug dink aan my kinderjare toe ek 'n Soya burger by Spur bestel het. Dit was sekerlik die slegste burger wat ek al in my lewe geëet het!🥴