top of page

Hoe om 'n Babalas te genees.

frederiksteenkamp5

Updated: Aug 25, 2022


Kom ons dans op die tafels en dan... ja kom ons los dit liewers daar. Middag my mede muishonde van Pretoria. Ek wil begin deur te sê daar is geen ding erger as 'n babalas nie. Jy gaan mense kry wat vir jou kom sê, "My hart is in stukke, my girl het my gisteraand gelos en dit is vreeslik erg ek wil nie meer leef". Kry daai mense sommer dadelik uit jou lewe uit, want hulle het duidelik nog nooit 'n babalas ervaar nie. Maar ek wil vir julle vandag vertel dat 'n babalas geneesbaar is.


  1. As jy die vrydagaand gekuier het, maar soos regtig gekuier het, soos 'n muishond gekuier het, dan gaan jy Saterdag wakker word met 'n babalas en dis normaal. Jy gaan baie sleg voel maar daar moenie vrees nie. Luister vir oom Muishond. Die rede hoekom jy 'n babalas kry is omdat jou liggaam die vorige aand gedihidreer was omdat jy vreeslik baie moes urineer. Die eerste ding wat jy kan doen om dit te vermy is om drie glase water te drink voor jy gaan slaap, en die oomblik wat jy wakker word, weer drie glase water te drink. Dit vat daai lelik outjie vinnig weg.

  2. Die tweede ding wat jy kan doen is om by jou naaste apteek 'n draai te maak en vir jou 'n pakkie ACC 200 te koop. Drink twee bruistablette voor jy begin kuier, twee terwyl jy kuier en as jy gaan slaap (as jy nog instaat is) nog twee.

  3. Die derde een is die maklikste maar die domste. Moenie drink nie maar dis nie die muishond manier nie.

As julle enige ander maniere het om 'n babalas te genees laatweet my gerus want die naweek is oppad en 'n eensame muishond moet kuier op 'n naweek.

Groete

Oom Muishond

150 views8 comments

Recent Posts

See All

8 Comments


ewardmoller0
Aug 01, 2022

shap shap

Like

dilliegains
Aug 01, 2022

Sal dit onthou dankie😂😂

Like

hendrikviljoen081
Aug 01, 2022

Oom Muishond is baie wys😵

Like

Wikus van der Schyff
Wikus van der Schyff
Jul 11, 2022

Of wees net soos ek. Drink water terwyl jy kuier. Probleem sommer maklik opgelos.

Like

catherine.gibbens1
catherine.gibbens1
Jul 08, 2022

Oom muishond weet van

Like
bottom of page