
Goeie middag aan my mede-muishonde, hoe hang hulle vandag?
So dit het onder my aandag gekom dat ons muishonde nie alleen deur die lewe kan loop nie. Ons kort ‘n maatjie, ‘n deksel vir ons pot, ‘n vinkel vir ons koljander. Ons kort ‘n vroulike muishond aan ons sy. So vandag wil ek vir julle bietjie raad gee hoe om ‘n vroulike muishond te kry, met MUISHOND SJARME.
So die belangrikste ding om te doen, is om jou muishond maniere by die huis te los. Nou baie van julle gaan vra, “Maar oom Muishond, ons kan mos nie verander wie ons is net vir ‘n meisie nie”. Ja, julle is reg. Al wanneer ‘n muishond iets moet verander is as sy glas leeg is en hy vervang hom met ‘n volle. Maar my muishonde, as dit by vrouens kom, moet ons maar bietjie verander, want hoe anders kry mens tog liefde. Maar ek praat nou nie van ware liefde soos met drank nie, ek praat van daai liefde wat jou pa vir jou ma sê sodat sy kan loop en hy verder kan drink. DIT is die tiepe liefde wat ons in ons lewens wil hê.
So ek gaan vir julle bietjie raad gee hoe om die perfekte vroulike muishond te kry.
1. As jy haar gaan oplaai, sê dadelik vir haar sy het mooi skoene aan. Maak nie saak of die goed leliker is as ‘n man in ‘n Stormers trui nie. Hulle koop die lelikste goed sodat hulle kan kyk of ons iets gaan sê oor hoe lelik die goed lyk. So onthou, se die goed lyk mooi.
2. As julle by die restaurant aankom, maak seker dat jy eerste inloop. 80% van aanvalle kom van agter af so as sy eerste aangeval word, het jy nog kans om weg te kom.
3. Muishonde ONTHOU. Maak nie saak wie wat gesê het nie, ons het haar gaan haal EN ons gaan laai haar af. Ons almal ken die “petrol prys”, so die minste wat ons kan doen is om haar die voorreg te gee om te betaal vir die kos.
4. Laaste bietjie raad wat ek wil gee is onthou, SY het ja gesê vir die ete, SY het ja gesê dat jy haar gaan haal, so JY kan ja sê om die aand af te eindig met ‘n sopnat suigsoen.
My muishonde as julle ‘n dame uitvat en hierdie vier stappe word perfek gedoen, is sy beslis die moeite werd om jou vroulike muishond te wees. As dit nie presies so gevolg word nie, dan is dit maar “tuff”. Sê vir haar baie dankie, ons probeer maar weer volgende jaar, maar as dit perfek afloop, is sy ‘n VROULIKE MUISHOND.
Groete
Oom Muishond
Joh! Oom muishond jy moes lankal begin blog het Dan was Ek lankal Nie meer single Nie. Ek Gaan verseker jou tips hier volg.
😂
Nee hoor sy moet ma betaal ek het net geld vir petrol
Nice
Oom Muishond, jy is my hero😚