top of page

Honger man sê nie nee vir kos nie

frederiksteenkamp5

Updated: Aug 24, 2022



Goeie middag aan my mede-muishonde.

So soos julle weet was dit naweek en oom Muishond het weer gaan kuier. Nou soos by enige kuier het jy altyd daai een vriendin van jou wat haar ou wil saambring. Ek het nie ‘n probleem met dit nie, bring die man as jy moet, maar hier kom die probleem. Dit is altyd diè persoon wat die gemors by ‘n kuier veroorsaak.


En so het dit ook Saterdag gebeur, die knaap, vriend van my vriendin, het toe ‘n vreeslike probleem met my. Rede, want ek en sy “girl” is al vriende van kleuterskooldae af. Kan julle dit glo, ons kuier nog lekker, sokkie so hier en daar, drink ‘n liter of vyf, of wat noem hul dit deesdae, ‘n mega-pint en ewe skielik kom die man na my toe en sê, “Jy beter wegbly van haar af, ek het ‘n swartbelt in karate.” Ek dog toe by myself, kyk net die worsmasjien. Maar moenie kommer nie, oom Muishond het altyd ietsie om terug te sê. Die probleem is net, my woorde wat ek vir hom gegooi het was so erg, dit het die man se konstitusie omgegooi. Toe hy vir my sê ek moet wegbly, kap ek hom, “Luister hier jou “useless” moroon. Jy beter wegbly van my af, die polisie het ‘n foto van my hande geneem, en dit geregistreer as gevaarlike wapens.”


Die man het so erg geskrik, sommer sy ontbyt, middagete en beplande aandete opgegooi. My vriendin reken dis as gevolg van die drank, maar ek weet dit was muishond-vrees. Dis al rede hoekom hy so bleek sal raak. Nou die rede hoekom ek hierdie storie vertel, is omdat ek vir julle wil vertel om nooit terug te staan as iemand jou kom aanvat nie. ‘n Muishond staan nie terug as iemand hom aanval nie, hy spuit sy stink goed op die man uit - dis hoekom hy 'n muishond genoem word. Dieselfde met ons menslike muishonde. Ons moet ons skerptonge uithaal en die probleem terug aanvat. Die man het nog nooit regtig van my gehou nie, en die probleem is ek ken hom nie regtig nie, maar ek hou ook niks van hom nie. Niemand ken die duiwel nie, maar almal haat hom. My punt wat ek wil maak is dat jy nie iemand persoonlik hoef te ken, om hom te haat nie.


Muishonde julle moenie skaam wees om op te staan vir wat jy glo nie. As jy glo iemand is van die pad af, moet hom nie uithaal daaroor nie, maar as hy met sy nonsens begin, dan hou jy aan. Ons muishonde hou van ‘n bakleiery, maar ons veroorsaak dit nie. ‘n Honger man sal nie nee sê vir kos nie, so as iemand vir jou ‘n probleem bring (kos), dan vat ons dit met ope hande.


Muishonde pas julleself op, kuier aan en onthou ‘n honger man sê nie nee vir kos nie.


Groete

Oom Muishond

90 views6 comments

Recent Posts

See All

6 Comments


lubbemarne
Aug 03, 2022

Kyk Oom Muishond, jou Raad is uitstekend. Volgende keer laat Ek so 'n dude ook braak😂

Like

ewardmoller0
Aug 01, 2022

😂😂😂

Like

dilliegains
Aug 01, 2022

Aaaii ek dog black belts skiet nie kat nie?

Like

hendrikviljoen081
Aug 01, 2022

Hande is geregistreer as gevaarlike wapens😂😂

Like

Teagan Moore
Teagan Moore
Jul 21, 2022

😂😂

Like
bottom of page