
Goeie middag aan my mede muishonde. Hoe hang hulle vandag? Nou die meeste van julle sal sê die lekkerste ding saam met ‘n bier, is nog ‘n bier. Oom Muishond stry glad nie met daai logika nie. Inteendeel, ek sal dit nie logika noem nie, maar eerder muishond wysheid. Maar die lekkerste ding wat saam met ‘n koue biertjie loop, is ‘n stewige “gwaai” in die ander hand.
Ek weet nie wie die knaap was wat eendag besluit het om ‘n blaar te droog, hom in ‘n bietjie papier te rol en daarna aan hom te suig nie, maar hel, ek wens ek kon sy hand skud. Daai man was voorwaar ‘n legende. Hoekom ek so sê is, ‘n “Gwaai” loop eintik lekker saam met enige ding, en muishonde voordat julle saam met my stem, kom ek gee vir julle nog meer redes om saam te stem.
1. As jy en jou vrou vreeslik baie baklei, julle skree op mekaar en daar word weer gedagtes gedink wat jy wens jy vir haar kan sê, maar nie kan nie, wat is die eerste ding wat jy doen. Jy stap uit die huis uit, jy pluk jou pakkie zane uit en jy maak vuur. Daai eerste trekkie rook wat in jou longe inklim is so lekker en bevredigend, jy knak sommer vir jou ‘n koue.
2. As jy in die oggende wakker word, dan gee jy nie om wie wakker is nie, jy gee nie om of die hond weer kat probeer vreet het nie, niks. Jy staan op, stap uit die huis uit, pluk jou pakkie zane uit en jy maak vuur. Dit gee jou moed vir die dag. Dit pomp jou wiele. Ek sê altyd, daar is geen lekkerder “gwaai” as ‘n ontbyt “gwaai” nie.
3. Nou soos enige ander normale mens, het ons muishonde ook maar moeilikheid. Almal het maar hulle daaglikse probleme, en glo my of nie, die enigste ding wat daai probleem nie so erg laat lyk nie, is ‘n “gwaai” in die hand. Jy sien die probleem, jy sien hom nader kom en wat doen jy, JY PLUK JOU PAKKIE ZANE UIT EN JY MAAK VUUR.
Nou oom Muishond moet gereeld by nie-muishonde hoor, gewoonlike vrouens, “Ag nee sies man, hoe kan jy daai goed rook?” Wel hoe soen jou pa jou ma? In die begin was dit nie baie lekker nie maar hy het deurgedruk en kyk, hier staan jy vandag en vra sulked dom vrae.
Muishonde die van julle wat nie rook nie, ek sal dit sterk aanbeveel om te begin. Dit is ‘n baie lekker ding om die dag mee te begin, die problem te laat verdwyn en ‘n baie lekker ding as julle kuier. Maak net seker jy koop genoeg vir die kuier, net vir ingeval daar ‘n verdwale siel rondloop wat nie een het nie.
Groete
Oom Muishond
Niks is lekkerder as of n dop of koffie met n lekker gwai nie