top of page

Wat om te braai by 'n muishond kuier

frederiksteenkamp5

Updated: Aug 24, 2022




Goeie middag aan my mede muishonde. Hoe hang hulle vandag? Ek wil vandag bietjie praat oor BRAAI. Nou kyk, oom Muishond is nie 'n oom wat sommer nee sê vir 'n braai nie, maar daar is sekere reëls as dit kom by 'n muishond braai. Ons muishonde is goed in drie dinge:

1. Drink

2. Braai

3. Drink terwyl ons braai


En hier kom die ding wat bietjie moeilik raak vir sommige nie-muishonde. Ons kan enige tipe drankie drink, solank dit alkohol bevat. Maar dis die braai gedeelte wat soms moeilik is om te verstaan. Ons braai nie net enige vleis nie. Ons braai net "Braai Master" vleis. Want dit is tog wat ons is.”MASTERS”. Hierdie mense wat daar by 'n braai opdaag met hulle drolkewer vleis gee my sommer 'n vet... los dit liewers voor ek ongeskik raak.

Ons muishonde eet lekker "Braai Master" geregte. Goed soos Bliksempies, Mamparratjies, Akkedissies, Donkie Asems en skerpieontjies. Die tipe geregte wat mens hoendervleis gee as jy dit hoor. Dis wat ons eet. En ek weet baie van julle muishonde het nog nie die voorreg gehad om daai geregte te proe nie, so luister na oom Muishond, volg sy raad en geniet die braai.


Muishond Ferdi is nie enige muishond nie. Hy is die muishond wat ons muishonde die geleentheid gee om lekker te kan braai. So doen jouself 'n guns, gee hom 'n luitjie (073 347 3181) of stuur vir hom 'n epos (ferdi@braaimastersa.co.za) of gaan besoek sy Facebook blad ( https://www.facebook.com/braaimastersameatdeli/ ) en GENIET DIE BRAAI.


Groete

Oom Muishond






92 views3 comments

Recent Posts

See All

3 Comments


Stephan Horn
Stephan Horn
Aug 25, 2022

Ja nee jy kan nooit verkeerd gaan met braai master nie

Like

hendrikviljoen081
Aug 16, 2022

lekke Oom Muishond, aangesien ons praat van braai. Wanna braai ons?

Like

ruandian
Aug 16, 2022

Mmmm, ons is mal oor braai master se produkte oom Muishond

Like
bottom of page